'n Gratis groepstudiegids op die internet, gegrond op Bybelkor se 
"Daar en dan"-Bybelstudiereeks vir vrugbare onvoorbereide studie in groepe

*Ontdek 1 Johannes saam*

deur ds. Hannes Burger

'n Bybelkor-kursus vir groepstudie
oor 1 Johannes

"Wie beweer dat hy in Hom bly,
behoort self ook te lewe
soos Jesus gelewe het."
(1 Joh. 2:6)

BYBELKOR, Posbus 5, Wellington 7654 South Africa
E-pos: bmedia@mweb.co.za

Outeursreg:  Aanvanklik gepubliseer as (c)  Hoe om soos Jesus te lewe Bybel-Media 1988

Aanhalings uit Die Bybel (Nuwe Vertaling met herformulerings) (c) 1983, 1990. Met verlof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Eerste druk 1988
ISBN 0 86487 114 7

LET WEL:  Hierdie studiegids is geformatteer om op A4 uitgedruk te word. As jy nie MSWord 97 as jou woordverwerker gebruik nie, of 'n ander grootte papier gebruik, sal jy moontlik die uitleg moet aanpas en seker maak dat die kappies, deeltekens en aksentstrepies reg verstaan word voor jy dit vir jou groep uitdruk.
Jy is welkom om hierdie studiegids af te laai, uit te druk, aan ander te stuur en vir julle groep te vermenigvuldig. Let egter daarop dat julle eers toestemming moet vra voor julle dit in boekvorm mag publiseer.
http://www.bmedia.co.za

Die program

Wenke vir die groep                                        						  3

Studie 1	Johannes se brief in een oogopslag (1 Joh. 1 - 5)           			  7
	
Studie 2	Lewe in die lig (1 Joh. 1:1-10)                              				  9
	
Studie 3	Die Christen se lewenstyl (1 Joh. 2:1-11)                    			11
	
Studie 4	Een minuut voor twaalf! (1 Joh. 2:12-27)                      			13
	
Studie 5	Om kinders van God te wees  (1 Joh. 2:28 - 3:10)                  			16
	
Studie 6	Christenskap is broederliefde (1 Joh. 3:11-24)                			18
	
Studie 7	Ware en vals profete (1 Joh. 4:1-6)                         				20
	
Studie 8	Liefde wat gesien word (1 Joh. 4:7-21)                       			22
	
Studie 9	Liefde en geloof (1 Joh. 5:1-13)                             				24
	
Studie 10	'n Paar laaste gedagtes (1 Joh. 5:14-21)                      			26
	
WENKE VIR DIE GROEP

Min dinge het in die jongste jare op kerklike en godsdienstige gebied soveel veld gewen as Bybelstudiegroepe. En min dinge het vir gelowiges soveel sen en groeikrag in hulle geestelike lewe gebring as om rondom en oor die Woord van God saam te gesels en te besin.
	Baie Suid-Afrikaners werk deesdae oorsee, en voel 'n leemte omdat daar nie sulke Bybelstudiegroepe of -gidse is soos di waaraan hulle gewoond was in Suid-Afrika nie. Nou kan jy eenvoudig hierdie gids gratis van die web aflaai, dit uitdruk vir elke groeplid, en voortgaan.
	Om groeplede te help om sinvol - en met 'n beproefde metode - Bybelstudie te doen, stel Bybelkor die Bybelstudie-reeks vir onvoorbereide studie beskikbaar. Gee aandag aan die volgende belangrike wenke en geniet julle Bybelstudie.

1. Drie maklike stappe
Hierdie Bybelstudiereeks maak dit vir julle maklik. Volg net drie eenvoudige stappe en julle is fluks aan die gang.
	1. Kry 'n groepie vriende bymekaar.
	2. Elkeen moet 'n Bybel en 'n afskrif van hierdie studie h.
	3. Vra die Here se sen en doen sommer dadelik vrugbare Bybelstudie!

2. Geen voorbereiding nie
Di metode van Bybelstudie gaan van die veronderstelling uit dat nie een van die groeplede vooraf voorberei het nie - ook nie die groepleier nie. Die kursusboek gee algaande soveel verduidelikende opmerkings as wat julle nodig het om die daaropvolgende vrae deur bespreking te kan beantwoord. 'n Besige program is dus nie 'n verskoning om nie by 'n Bybelstudiegroep in te skakel nie. Julle bestee net die tyd wat julle in die groep self deurbring!
	As 'n mens op hierdie manier Bybelstudie doen, sal daar wel probleme opduik wat nie in die groep opgelos kan word nie. Praat oor wat julle wel kan verstaan en haal die boodskappe daar uit wat vir julle lewe van betekenis is.

3. Hoe begin 'n mens met 'n Bybelstudiegroep?
In sommige gemeentes word wyksbyeenkomste gerel waar Bybelstudie gedoen word. In ander neem die Vrouediens of die Kerkjeugaksie die voortou. Elders ontstaan sulke groepe spontaan. 'n Groepie vriende kom gereeld bymekaar.
	As jy nog nie rens ingeskakel is nie en graag so-iets wil begin, kan jy gerus drie of vier vriende uitnooi en met Studie 1 van hierdie kursusboek begin. Julle sal bly wees dat julle begin het . . . en nooit weer wil ophou nie. As jy dalk oorsee woon, en 'n behoefte het aan hierdie studie in Engels, om ook jou Engelssprekende vriende te betrek, moet jy Bybelkor laat weet.

4. Hoe groot is die ideale groep?
Enige getal van twee af kan werk. Maar ses tot agt maak die ideale groep uit. Begin klein. Vertel vir julle vriende wat julle ervaar. En julle sal verbaas wees hoe julle groep groei.
	As julle meer as tien lede het, moet julle ernstig daaraan dink om die groep in twee te verdeel. Anders word dit nie net lomp en onhanteerbaar nie, maar dan kry almal nie meer kans om regtig betrokke te voel en deel te neem nie.

5. Wie neem die leiding?
Sommige groepe sal 'n vaste leier verkies. Dieselfde persoon gaan elke keer voor. In ander gevalle maak die groeplede beurte om die bespreking te lei.
	Een ding moet die voorganger duidelik besef: hy is nie daar om al die praatwerk te doen of om al die antwoorde te gee nie. Hy is net die persoon wat die orde van die bespreking rel. Daarom moet hy nie meer voorbereiding as die ander doen nie. Almal weet ewe veel (of ewe min) van die Skrifgedeelte af en almal soek saam na die lig van die Bybel op hulle pad.
	Die werkwyse is baie eenvoudig. Julle begin met die eerste opdrag. Lees wat daar staan. Die lede kan beurte maak om die leeswerk te doen. En dan voer julle die opdrag uit. Ook hierin moet daar 'n wisselwerking tussen die lede wees. Waar besprekingsvrae gegee word, kan enigiemand 'n mening lug en probeer om die groep te help om 'n antwoord te vind.

6. Watter Bybelvertaling?
Elke groeplid moet 'n Bybel h. Die aanhalings uit die Bybel in hierdie kursusboek kom uit die Nuwe Afrikaanse Vertaling van die Bybel. Julle sal vind dat julle die gedagtegang makliker sal volg en die vrae makliker sal kan beantwoord as julle dieselfde vertaling gebruik.

7. Elke lid 'n eie afskrif
Dit is noodsaaklik dat elke lid 'n eie afskrif van hierdie studiegids moet h, om die volgende redes:
*	Elkeen het die vrae wat bespreek word voor hom/haar. Daarsonder ly die bespreking skade.
*	Die kursusboek bevat die verduidelikende aantekeninge by elke vraag. As elke lid dit het, kan almal 'n gelykwaardige bydrae tot die bespreking lewer - en dit is wat ons so graag wil h.
*	Die kursusboek het ruimte vir die neerskryf van gedagtes terwyl die bespreking aan die gang is. Dit bly dan na die tyd 'n herinnering aan die Bybelstudie en 'n naslaanbron oor die betrokke Skrifgedeelte.

8. Hoeveel tyd moet julle bestee?
Hierdie kursusboek bevat tien studies. Elkeen kan binne een uur sinvol afgehandel word. Maar dit beteken dat die leier moet sorg dat die bespreking vorder. Om julle te help, gee ons by elke opdrag 'n aanduiding van die tyd waarin julle dit behoort te kan afhandel. Aan die einde s ons ook hoeveel minute van die uur verby is as julle die betrokke opdrag uitgevoer het.
	Julle hoef julle natuurlik nie aan hierdie tydsindeling te hou nie. As julle meer as 'n uur aan elke studie wil bestee, is julle welkom. En as julle elke studie in die helfte wil deel en by twee geleenthede wil behandel, kan dit ook gedoen word. Die tydsaanduiding is bedoel om 'n hulpmiddel te wees, nie 'n dwangmaatrel nie.

9. Moontlike haakplekke
Die persoon wat die leiding neem, moet op die volgende sake let.
*	Stel die opdragte een vir een aan die orde en sorg dat die groep by die onderwerp bly. Dit gebeur so maklik dat die bespreking heeltemal op 'n syspoor beland. As afdwalers nie gestuit word nie, ly die bespreking en die groep groot skade.
*	Probeer om die bespreking binne 'n uur af te handel. 'n Te lang byeenkoms skrik mense af. 'n Mens kan seker 'n uur of langer met enigeen van die opdragte besig bly. Moenie dit toelaat nie. Sorg dat die groep vorder, anders verloor die lede mettertyd belangstelling.
*	Sorg dat die groeplede die antwoorde op die vrae in die eerste plek in die aangegewe verse in die Bybel soek. Dit gaan nie oor wat hulle self as antwoorde kan bedink nie, dit gaan oor wat God in sy Woord vir ons wil s!
*	Wend 'n poging aan om al die lede by die bespreking te betrek. Moet niemand verplig om te praat nie, maar moedig die stilles taktvol aan.
*	Pasop dat een of twee praatsiekes nie die bespreking oorheers nie. Hulle sal persoonlik of in die groep tot onselfsugtigheid gemaan moet word.

10. 'n Groep wat groei
Die geslaagdheid van julle Bybelstudie hou dikwels met die getal groeplede verband. As mense sonder goeie redes wegbly of die groep verlaat, skort daar iets met die atmosfeer of werkwyse. As julle studie die kol tref, sal die lede met ander daaroor praat. Hulle moet ook die vrymoedigheid h om vriende saam te nooi. Dan groei die groep. En as julle tien of twaalf lede het, kan die groep in twee verdeel om nog meer mense te betrek.

11. Vir groepe wat wel wil voorberei
Daar sal groepe wees wat meer hulp wil h en dieper op die betekenis van die Bybelgedeeltes wil ingaan. As julle groep die studie s wil aanpak, kan julle dit op een van die volgende maniere doen.

*	Kommentare vir voorbereide studie
Die groepleier en/of een of twee van die groeplede kry opdrag om een of meer kommentare oor die betrokke Bybelgedeelte vooraf te bestudeer en gereed te wees om die groep te help as die bespreking vasval. Hulle moet egter nie die groep oorheers nie.  Julle leraar sal julle kan help om een of meer daarvan in die hande te kry.
	1. Die Bybel met verklarende aantekeninge.
	2. Die kommentaar in Afrikaans van dr. P.J. du Plessis oor Die briewe van Johannes kan baie nuttig wees.
  	3. Die volgende Engelse kommentare is ook baie bruikbaar:  A.H. Dammers se God is Light, God is Love (World Christian Books), Lutterworth, London, 1963, is pragtig en eenvoudig.  Johannes se gedagtegang word die beste weergegee deur C.E. Erdman: The General Epistles, The Westminster Press, Philadelphia, 1966.

12. Ook geskik vir huisgodsdiens!
Hierdie kursusreeks is ook uitnemend geskik om by huisgodsdiens gebruik te word. Talle gesinne getuig van die vrug wat daarop rus. Elke dag word net een van die opdragte afgehandel. Op hierdie manier kan die kursus in ongeveer vyf weke deurgewerk word.

13. Vrae en antwoorde
As daar vrae tydens die groepbespreking of huisgodsdiens opduik wat onbeantwoord bly, kan julle dit gerus met julle predikant bespreek. Of skryf 'n e-pos aan Bybelkor. Ons beskik oor die dienste van ervare pastorale raadgewers wat elke vraag persoonlik en vertroulik per brief sal beantwoord.
	Rig asseblief al jou korrespondensie aan Bybelkor, Posbus 5, Wellington 7655 of per e-pos: bmedia@mweb.co.za. 
	Ons wil graag ons adreslys op datum hou. Gee dus asseblief flink in 'n aparte (e-)brief aan Bybelkor kennis as jy van adres verander. Baie dankie.

Johannes se eerste brief

Johannes se brief is al byna twintig eeue oud, maar die Here wil vandag nog daardeur vir ons in ons huidige omstandighede iets s. Om ons te help om dit te kan verstaan, is dit goed as ons meer van die skrywer en die oorspronklike lesers van hierdie brief weet.

1. Die skrywer
Daar is net twee briewe in die Nuwe Testament wat nie hulle skrywer uitdruklik vermeld nie: hierdie brief en die Hebrerbrief. As ons 1 Johannes deurlees, kom ons agter dat die skrywer 'n ooggetuie van Jesus se optrede was (1 Joh. 1:1-4) en 'n pragtige verhouding met sy lesers gehad het. Meer kan ons nie uit die brief self agterkom nie.
	Volgens ou kerklike oorlewerings het Johannes, die seun van Sebedeus, di brief geskryf. Hy en sy broer Jakobus was blykbaar vurige mense, maar veral in die lydenstyd was "die apostel van die liefde" baie naby aan sy Here, Jesus Christus.
	Vandag kan ons moeilik met die ou tradisie stry, veral omdat daar soveel ooreenkomste in die taal, styl en inhoud tussen di brief en die vierde Evangelie bestaan. Ons aanvaar dus dat die skrywer die apostel Johannes was.

2. Wanneer het Johannes geskryf?
Volgens dieselfde ou tradisie het Johannes die brief in 90 n.C. geskryf, maar vandag is teolo geneig om dit te betwyfel. Hulle meen dat die brief voor die val van Jerusalem in 70 n.C. geskryf is - miskien so teen 60 n.C. - dit wil s, skaars 30 jaar na die hemelvaart van die Here Jesus!

3. Waar en aan wie skrywe Johannes?
Johannes het aanvanklik onder die Jode in Jerusalem en Samaria gewerk. In 50 n.C. het hy na Klein-Asi (Turkye) vertrek om sy sendingwerk daar voort te sit. In 60 n.C. was hy heel waarskynlik in Efese, waar hy onder die Griekssprekende Jode, Jodegenote en heidene gewerk het.
	Johannes het heel waarskynlik nie aan 'n spesifieke gemeente geskryf nie, maar sy brief (1 Johannes) as 'n soort omsendbrief bedoel wat op 'n paar plekke hardop voorgelees moes word.
	Een van die belangrikste redes waarom Johannes sy brief geskryf het, was die optrede van dwaalleraars of teenstanders in die kerk. Hulle optrede het veroorsaak dat daar heelwat teenstrydige uitlatings in die gemeentes in omloop was. Wanneer Johannes dus s: "as ons s . . ." of: "hy wat s . . ." of: "as iemand beweer . . ." is dit 'n duidelike verwysing na die onwaarhede wat die dwaalleraars verkondig het. Hulle het ongetwyfeld die gelowiges in beroering gebring. In hierdie stryd was die persoon en werk van Jesus Christus die middelpunt van bespreking. 
	Die lesers het in 'n nie-Christelike omgewing gewoon, soos baie van ons vandag.

4. 1 Johannes vir vandag
Daar is 'n paar gedeeltes in die Bybel wat bedrieglik eenvoudig lyk. Eers wanneer jy hulle noukeurig bestudeer, besef jy iets van die geweldige diepte wat onder daardie eenvoud skuil. 1 Johannes is so 'n gedeelte. Die adres buite-op hierdie brief kon net sowel myne of joune gewees het. Dit is 'n brief vir vandag, want dit spreek vandag se Christen aan. Dit praat oor ons verhouding met God en oor ons verhouding met mekaar. Anders gestel: dit praat oor geloof en liefde. Dit verduidelik hoe mense wat in Christus glo, soos Hy kan en behoort te lewe. Luister daarna, want dit is ook aan julle adres gerig.
	Iemand het 1 Johannes as "Die evangelie in 'n neutedop" beskryf. Wees dus voorbereid daarop dat hierdie studie jou lewe gaan verander. Wees gewillig dat die Here met jou gaan werk om jou staande te hou en geestelik te laat groei in 'n wreld wat blykbaar van Hom vergeet het..
	Hy wil jou ook toerus om 'n verskil in ander mense se lewe te maak. Die lewensveranderende beginsels wat jy in hierdie studie gaan leer ken, is nie bedoel om vir jouself gehou te word nie. Deel dit met jou familie en vriende!

STUDIE 1
Johannes se brief in een oogopslag
1 Joh. 1 - 5

OPDRAG 1.  WAT VERWAG JULLE? (1 Joh. 3:7-9)
 (6 minute)  Maak seker dat die groeplede mekaar ken. Elkeen kan in 'n paar woorde homself bekend stel, en s wat hy van die Bybelstudie verwag. Daarna moet julle geleentheid vir een of twee gebede gee waarin die groeplede die studie van 1 Johannes aan die Here opdra, en sy Heilige Gees bid dat Hy duidelik uit hierdie brief met julle sal praat. (Klaar: 0h06)

OPDRAG 2.  LEES HOM SOOS 'N BRIEF
 (22 minute)  Julle sal sommer dadelik sien dat Johannes se brief anders as die ander briewe in die Nuwe Testament is. Ons kry glad nie by sy brief 'n aanhef soos Paulus byvoorbeeld telkens gebruik nie. Johannes val sommer met die deur in die huis!
	Johannes gee ook nie 'n lang leerstellige relaas nie. Daar kom wel belangrike leerstellige uitsprake in sy brief voor, veral wanneer hy dwaallerings beveg, maar sy trant is baie persoonlik. 1 Johannes is 'n brief, bedoel om in sy geheel aan 'n gemeente voorgelees te word.
	Kom ons begin ons studie van 1 Johannes deur rustig en aandagtig na hierdie brief te luister, net soos daardie gemeente aan wie dit oorspronklik gerig is. Laat die groeplede op die ry af elkeen 'n paar verse (paragraaf) hardop lees, sodat die groep uiteindelik die hele 1 Johannes deurlees. (Klaar: 0h28) 

OPDRAG 3.  1 JOHANNES IN "HOOFSTUKKE"
(17 minute)  Ons kan hierdie brief in verskeie kleiner eenhede opdeel. S kry ons makliker 'n greep op sy boodskap. Probeer telkens om die boodskap van die onderafdeling in een sin weer te gee.

	1. 1 Joh. 1:1-10 _____________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. 1 Joh. 2:1-17 _____________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. 1 Joh. 2:18-27   ___________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	4. 1 Joh. 2:28-3:24 __________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	5. 1 Joh. 4:1-6 ______________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	6. 1 Joh. 4:7-21 _____________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	7. 1 Joh. 5:1-21 _____________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h45)

OPDRAG 4.  1 JOHANNES IN 'N ENKELE SIN
 (5 minute)  As julle die boodskap van hierdie brief in 'n enkele sin vir iemand moes saamvat, hoe sou julle dit doen?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________(Klaar: 0h50)

OPDRAG 5.  DIE TREFFENDSTE
(6 minute)  Julle het Johannes se brief deurgelees en aan die hoofpunte aandag geskenk. Gee nou aan elke groeplid kans om te s wat hom of haar persoonlik die meeste in hierdie brief getref het.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	Wat, sou julle s, verwag die Here hierdie week van elkeen van julle persoonlik, na aanleiding van wat julle nou gelees het?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________(Klaar: 0h56)

OPDRAG 6.  BID DAAROOR
(4 minute)  Bid dat die Here die waarhede van 1 Johannes ook in julle lewe gestalte sal laat vind. (Klaar: 1h00)    

STUDIE 2
Lewe in die lig
1 Joh. 1:1-10

OPDRAG 1.  BEGIN MET GEBED
(5 minute)  Vra die leiding van die Heilige Gees vir vandag se studie. Loof die Here vir die voorreg om met die Bybel besig te mag wees. (Klaar: 0h05)    

OPDRAG 2.  MET DIE DEUR IN DIE HUIS (1 Joh. 1:1-3)
(12 minute)  Johannes begin sy brief met 'n baie lang sin. In die oorspronklike taal vorm die hele gedeelte van vers 1 tot halfpad deur vers 3 een lang sin. Hierin gee Johannes vir ons by voorbaat die kern van sy brief deur.

	Laat 'n groeplid 1 Joh. 1:1-3 nou hardop voorlees.

	1. Gee die inhoud van hierdie "lang sin" in julle eie woorde weer.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Waarom verkondig Johannes die evangelie? (Vers 3.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Vra 'n aantal groeplede om te vertel waarom hulle vir Christus getuig. Of: waarom gelowiges vir Christus behoort te getuig.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h17)

OPDRAG 3.	SOOS DAG EN NAG! (1 Joh. 1:5-10)
(24 minute)	Johannes begin deur vir ons te s dat ons nou ons ore moet spits. Wat hy nou gaan s, is nie sommer praatjies wat deur hom uitgedink is nie. Nee, di boodskap kom van God self af (vers 4).
	Laat een van die groeplede 1 Joh. 1:5-10 voorlees  en beantwoord dan die vrae.

	1. Watter geweldige teenstelling teken Johannes tussen die lewe van God en ons lewe? (Vers 5-6.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Waarom is dit belangrik om van hierdie teenstelling tussen God en ons te weet? (Vers 6.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Wat het God voorsien om hierdie verskil kleiner te maak? (Vers 7. Lees ook 2 Kor. 3:18.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	4. Waarom help dit nie as 'n mens hierdie verskil probeer ontken nie? (Vers 8.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	5. Wat is God se pad vir ons na 'n lewe in die lig? (Vers 8-9.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	6. In vers 8 het Johannes die enkelvoud "sonde" gebruik. Wanneer hy egter in vers 9 van die belydenis van sonde praat, gebruik hy die meervoud. Waarom, dink julle, gebruik hy in vers 9 die meervoud? Wat is die verskil tussen "sonde" in die algemeen en "sondes"?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	7. Watter waarborg het ons dat dit regtig help om ons sondes te bely? (Vers 9.) Waarom is dit vir ons 'n waarborg?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	8. Watter troos vind julle in die woord "getrou"? (Vers 9.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h41)

OPDRAG 4.  'N NUWE LEWENSTYL
(7 minute)  Die vals leraars wat Johannes met sy brief aan die kaak wil stel (vgl. die inleiding), het al die klem op die mens se persoonlike verhouding met God laat val. Hulle het vergeet dat hierdie nuwe verhouding met God ook my verhouding met my naaste benvloed.

	Hoe sou julle die vals leraars wou antwoord, met veral vers 7 en die res van vandag se Skrifgedeelte in gedagte?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________ (Klaar: 0h48)

OPDRAG 5.  1 JOHANNES 1 IN 'N NEUTEDOP
(6 minute)  	Julle het tydens julle eerste studie die boodskap van 1 Joh. 1:1-10 in een sin saamgevat. Blaai 'n bietjie terug daarheen (Opdrag 3, punt 1). Wil julle daarmee volstaan of sou julle dalk 'n aanpassing daaraan wil maak? Skryf hieronder neer wat julle nou meen die sentrale boodskap van 1 Joh. 1:1-10 is, en hoe julle dit hierdie week kan uitleef.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________(Klaar: 0h54)

OPDRAG 6.  STILWEES VOOR GOD
(6 minute)  Gee 'n paar minute van stilgebed sodat die groeplede in die gees van vers 8-9 eerlik met hulleself en met God in selfondersoek en belydenis kan wees. Laat een dan met 'n dankgebed afsluit. (Klaar: 1h00)

STUDIE 3
Die Christen se lewenstyl 
1 Joh. 2:1-11

OPDRAG 1.  VRA DIE HERE SE SEN
(6 minute)  Verwelkom die aanwesiges by die byeenkoms. Doen veral moeite om nuwelinge tuis te laat voel.
	Laat iemand met gebed open. Vra spesifiek dat die Gees julle sal lei om in die lig van God se Woord eerlik met julleself te wees. (Klaar: 0h06)

OPDRAG 2.  JOHANNES VAT SAAM (1 Joh. 2:1-2)
(8 minute)  In die eerste twee verse van Hoofstuk 2 vat Johannes saam wat hy so pas ges het, voordat hy voortgaan. Hy doen dit in die vorm van 'n vermaning en 'n trooswoord.

	Vra een van die groeplede om 1 Joh. 2:1-2 aan die groep voor te lees.

	1. Hoe vermaan hy ons?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Watter troos gee hy daarmee saam?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

'n Voorspraak is iemand wat jou saak namens jou stel. Jesus tree vir sy dissipels in as hulle struikel. Hy kan dit doen, want Hy het mos self vir hulle sondes betaal!

	3. Wat beteken dit prakties dat Jesus ons Voorspraak is?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h14)

OPDRAG 3.  'N TOETS VIR CHRISTENSKAP (1 Joh. 2:3-6)
(7 minute)  Laat iemand 1 Joh. 2:3-6 voorlees.

	1. Hoe lewe 'n Christen? (Kyk hoe stel vers 6 dit.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoe kan 'n mens dit nog duideliker omskryf? (Vers 3-5.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h21)

OPDRAG 4.  'N NUWE OU GEBOD! (1 Joh. 2:7-8)
(13 minute)  Alhoewel Johannes op heelparty plekke van God se gebooie praat, gebruik hy in die volgende gedeelte die enkelvoud. Hy praat van God se gebod wat oud en tog nuut is.

	Lees 1 Joh. 2:7-8.

	1. Waarom, dink julle, gebruik Johannes hier die enkelvoud? (Vgl. Matt. 22:34-40.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Waarom is dit 'n ou gebod? (Vgl. Joh. 15:12.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Waarom is dit tog ook 'n nuwe gebod?
	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________ (Klaar: 0h34)

OPDRAG 5.  DIE BROEDERLIEFDE (1 Joh. 2:9-11)
(12 minute)  Dit is opvallend dat Johannes dwarsdeur sy brief die klem op ons liefde vir ons broers laat val.

	Lees nou 1 Joh. 2:9-11 en kry antwoorde op die volgende vrae.

	1. Wie het hy met die term "broers" in die oog?
	   ________________________________________________________________________

	2. Waarom, dink julle, sonder hy hulle uit?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Watter boodskap het dit vir ons?
	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________(Klaar: 0h46)

OPDRAG 6.  OPPAS VIR DIE DONKER!
(3 minute)  Waarom is liefdeloosheid so gevaarlik?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

In Afrikaans s ons dat 'n helder lig jou verblind. In die Griekse idioom van sy tyd s Johannes dat die duister jou kan verblind, en jou in sy greep kan vashou. (Klaar: 0h49)	

OPDRAG 7.  TOEPASSING
(5 minute)  Wat wil die Here deur hierdie gedeelte vir ons in ons omstandighede s?
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h54)

OPDRAG 8.	AFSLUITING (6 minute)
	1. Hoe sou julle op die oproep van hierdie gedeelte wou reageer?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Wat wil julle julle in die lig hiervan voorneem om van nou af te doen? Wees prakties!
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. S dit nou in gebed vir die Here.
	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________(Klaar: 1h00)

STUDIE 4
Een minuut voor twaalf!
(1 Joh. 2:12-27)

OPDRAG 1.  OPENING
(4 minute)  Gee geleentheid vir 'n paar gebede. Bid om die wysheid en insig om iets meer van die wonder van God se Woord te verstaan. (Klaar: 0h04)    

OPDRAG 2.  HEERLIKE VERSEKERING! (1 Joh. 2:12-14)
(13 minute)  Die gedeelte van vers 12-14 skep heelwat probleme. Die moeilikste vraag is of Johannes hier boodskappe aan verskillende groepe in die gemeente rig. En as dit wel so is, wie hy in die oog het. Die veiligste is om te aanvaar dat hy hier eerder verskillende stadiums van Christenskap in gedagte het. Kinders, vaders en jongmense is dus nie soseer ouderdomsgroepe nie, maar verwys eerder na nuwe bekeerlinge, meer volwasse en minder volwasse Christene.
	Die inhoud van die boodskap is baie duidelik: hy gee aan sy lesers 'n heerlike, troosvolle versekering!

	Kom ons bekyk dit van naderby. Vra iemand om 1 Joh. 2:12-14 voor te lees. 

	Wat skryf Johannes vir:
	1. die "kinders"?
	   Vers 12: _________________________________________________________________
	   Vers 14a: ________________________________________________________________

	2. die "vaders"?
	   Vers 13a: ________________________________________________________________
	   Vers 14b: ________________________________________________________________

	3. die "jongmense"?
	   Vers 13b: ________________________________________________________________
	   Vers 14c: ________________________________________________________________

	4. Probeer nou om julleself in te dink wat hierdie versekerings in die verskillende stadiums van Christen-wees vir jou kan beteken.

	   "Kinder"-tyd: _____________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	   "Vader"-tyd: ______________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	   "Jongmens"-tyd: ___________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h17)

OPDRAG 3.  'N ERNSTIGE VERMANING (1 Joh. 2:15-17)
 (8 minute)  N die trooswoorde van 1 Joh. 2:12-14 rig Johannes 'n ernstige waarskuwing aan die gemeente.

	Lees nou 1 Joh. 2:15-17 aan die groep voor en beantwoord die vrae wat volg.

	1. Wat beteken dit "om die wreld lief te h"? (Vers 15-16.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Waarom is dit gevaarlik om "die wreld lief te h"? (Vers 17.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Waarom mag ons nie die wreld liefh nie, as dieselfde Johannes tog spesifiek vir ons s dat God die wreld liefhet (Joh. 3:16)?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________(Klaar: 0h25)

OPDRAG 4.  DIE LAASTE UUR . . . (1 Joh. 2:18-23)
(13 minute)  Vra een van die groeplede om 1 Joh. 2:18-23 voor te lees.

	1. Hoekom s Johannes met soveel nadruk dat dit "die laaste uur" is?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

Die laaste uur word gekenmerk deur baie "antichriste".

	2. Waar kom die "antichriste" vandaan? (Vers 19.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Hoekom het hulle uitgesak? (Vers 19.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	4. Watter ernstige waarskuwing l hierin vir ons opgesluit?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

Vers 20-21 vorm 'n tussengedagte met 'n interessante woordspeling. In Afrikaans kan ons dit weergee met "deur die Gesalfde gesalf". Dit dui op die noue band tussen Christus en die Christen.

	5. Wat onderskei die Christen van die antichris? (Vers 20-21.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	6. Wat is die mees opvallende kenmerk van die antichris? (Vers 22.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	7. Watter antichriste sien julle in die lig hiervan in vandag se samelewing raak?
	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________ (Klaar: 0h38)

OPDRAG 5.  WAT JLLE BETREF (1 Joh. 2:24-25)
(9 minute)  Teenoor die leuenlewe van die antichris stel Johannes die Christen se lewenshouding.

	Kom ons kyk nou daarna. Vra een van die groeplede om 1 Joh. 2:24-25 voor te lees en beantwoord dan die vrae.

	1. Wat is "wat julle van die begin af gehoor het"? (Vers 24.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoe "bly" 'n mens daarin? (Vers 23.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Noem twee gevolge daarvan as 'n mens s lewe. (Vers 24b en 25.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h47)

OPDRAG 6.  DIE CHRISTEN: VOLKOME TOEGERUS (1 Joh. 2:26-27)
(4 minute)  Die feit dat die antichriste uit die geledere van die kerk kom, kan 'n mens aan sy eie geloof laat twyfel: gaan ek nie dalk ook eendag een wees nie?

	Watter waarborg het die Christen teen volgehoue dwaling? (Vers 26.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h51)

OPDRAG 7.	DIE EINDE VAN DEEL 1
(4 minute)  By 1 Joh. 2:17 het ons aan die einde van die eerste hoofdeel van Johannes se brief gekom. Op verskillende maniere het hy die wonderlike nuwe verhouding tussen God en sy kinders beskryf.

	Vat vandag se Skrifgedeelte in een sin saam en s hoe Johannes hierdie verhouding beskryf.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	Hoe moet hierdie liefdesverhouding tussen jou en God hierdie week sigbaar word?
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h55)

OPDRAG 8.	GEE JULLE ANTWOORD
(5 minute)	Vandag se studie het die verhouding beskryf wat daar tussen julle en God behoort te bestaan. Besluit nou saam wat julle in die gebed vir die Here wil s: waarvoor julle wil dankie s en waarvoor julle voorbidding wil doen. Gee dan kans vir gebed.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 1h00)

STUDIE 5
Om kinders van God te wees
1 Joh. 2:28 - 3:10

OPDRAG 1.  WORD STIL VOOR DIE HERE
 (4 minute)  Om die stem van die Here in die Bybel te hoor, is 'n genadevoorreg wat God aan sy kinders gee. Daarom is dit nodig om te bid. Gee 'n aantal groeplede kans om die Here te vra om vandag se studie te sen. (Klaar: 0h04)	

OPDRAG 2.  GEEN VREES MEER NIE (1 Joh. 2:28-29)
(14 minute)	In die eerste hoofdeel van 1 Johannes (1:1 -2:17) het die apostel vertel wat die nuwe verhouding tussen God en sy kinders behels. Verlede keer het ons by 2:18 begin om te kyk na die eerste probleem wat hierdie verhouding kan bedreig: die antichris. In die studies wat kom, gaan Johannes nog verdere probleme uitwys. Maar voordat hy daarby kom, wil hy eers seker maak dat sy lesers sy boodskap goed verstaan.
	Daarom bevat die gedeelte wat ons vandag gaan bestudeer, nie nuwe argumente nie. Johannes wil eers alles wat hy tot dusver ges het, goed onderstreep.

	Vra 'n groeplid om 1 Joh. 2:28-29 voor te lees en beantwoord daarna die volgende vrae.

	1. Hoe kan die Christen seker maak dat hy nie vir die wederkoms hoef bang te wees nie?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoekom sal julle nie skaam wees as julle voor God se regterstoel staan nie, terwyl julle tog weet hoe onvolmaak julle in werklikheid is?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Hoe kan daar van 'n mens ges word dat hy "regverdig" is? (Vers 29.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	4. Hoe lewe 'n mens "regverdig"? (Vers 29.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h18)

OPDRAG 3.  'N NUWE STATUS: KONINGSKINDERS! (1 Joh. 3:1-3)
(13 minute)  Dit bring Johannes by die grootste guns wat God ooit aan 'n mens kon bewys.

	Laat een van die groeplede 1 Joh. 3:1-3 voorlees.

	1. Hoe het ons volgens vers 1 kinders van God geword? Wat bedoel Johannes daarmee?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Selfs hierdie wonderlike gawe is nog maar voorlopig! Wat l nog vir die Christen voor? (Vers 2.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Hoe "hou 'n Christen homself rein"? Uit hierdie gedeelte blyk hoe belangrik dit is dat 'n Christen "homself rein hou". Maar hoe doen hy dit? (Hou 1 Joh. 1:7 in gedagte.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h31)

OPDRAG 4.  'N CHRISTEN SONDIG NIE MEER NIE! (1 Joh. 3:4-8)
(10 minute)  Christenskap en sonde is onversoenbaar, s Johannes.

	Lees 1 Joh. 3:4-8 om vas te stel hoe Johannes dit stel.

	1. Hoekom is Christenskap en sonde onversoenbaar? (Vers 5-6.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Sonde is verskriklik gevaarlik in die lewe van 'n Christen! Watter twee redes gee Johannes hiervoor aan?

	   Vers 6: __________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	   Vers 8: __________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h41)

OPDRAG 5.  'N "IDENTIKIT" VAN DIE KIND VAN GOD (1 Joh. 3:9-10)
(10 minute)  In vers 9 het ons pragtige sinsbou.  Johannes wil hierdeur 'n baie belangrike feit oordra. Daarom herhaal hy sy stelling, en in die spilpunt plaas hy die belangrike rede vir sy stelling.

	Vra 'n groeplid om 1 Joh. 3:9-10 voor te lees. 

	1. Wat is die belangrike feit wat Johannes wil oordra?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoekom sondig 'n Christen nie meer nie?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Watter twee belangrike kenmerke van die Christelike lewe noem Johannes in vers 10?
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h51)

OPDRAG 6.  TOEPASSING
(5 minute)  Dit is 'n stryd om nie met die goddelose stroom saam te gaan nie. Hoe help die Here ons deur hierdie gedeelte om staande te bly?
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h56)

OPDRAG 7.  AFSLUITING
 (4 minute)	Maak 'n lys van die dinge waarvoor julle op grond van die Skrifgedeelte wil bid en gee kans vir gebede.
	   ________________________________________________________________________
 	   ________________________________________________________________________
 	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________ (Klaar: 1h00)

STUDIE 6
Christenskap is broederliefde
1 Joh. 3:11-24

OPDRAG 1.  HEEL EERSTE: GEBED
(5 minute)  Ons het verlede keer baie duidelik gehoor wat Johannes s oor wat dit beteken om 'n kind van God te wees. Om volgens die eis van die Bybel te lewe, is nie 'n saak van eie krag nie. Dit het julle lewe van die afgelope week seker duidelik bewys. Johannes gaan nou verder om te verduidelik hoe die gelowige behoort te lewe.

	Gee aan 'n groeplid kans om met gebed te begin en die Here se sen te vra. (Klaar: 0h05)

OPDRAG 2.  NOGMAALS ONS HOOFOPDRAG (1 Joh. 3:11-12)
(7 minute)  Johannes laat geen geleentheid verbygaan om God se opdrag aan sy kinders te beklemtoon nie.

	Wys een van die groeplede aan om 1 Joh. 3:11-12 voor te lees.

	1. Watter belangrike opdrag het ons van die begin af?
	   ________________________________________________________________________

	2. Vertel vir mekaar wat Kain gedoen het (vgl. Gen. 4 as julle die besonderhede vergeet het).
	   ________________________________________________________________________

	3. Wat was Kain se eintlike misstap? (Kyk ook na Heb. 11:4.)
	   ________________________________________________________________________

	Kain se misdaad was nie 'n enkele misstappie nie. Dit was 'n simptoom van 'n lewe van liefdeloosheid, 'n deel van die stryd tussen goed en kwaad wat vandag nog voortduur. (Klaar: 0h12)

OPDRAG 3.  MOENIE 'N KAIN WEES NIE! (1 Joh. 3:13-17)
(20 minute)  Johannes gebruik elke keer weer die woorde "mekaar" en "broer". Dit was juis wat Kain se misdaad so erg gemaak het: die feit dat hy sy broer uit haat vermoor het.

	Vra 'n groeplid om 1 Joh. 3:13-17 voor te lees en beantwoord dan die vrae.

	1. Met Kain se voorbeeld (vers 12) in gedagte: hoekom kan die wreld (Kain se geestelike nasate) ons vandag nog nie liefh nie? (Vgl. ook vers 12.)
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoekom pas Christenskap en liefdeloosheid nie by mekaar nie? (Vers 13.)
	   ________________________________________________________________________

	3. Jesus het in Matt. 5:21-22 vir ons verduidelik dat die sesde gebod veel wyer strek as liggaamlike moord. Johannes sluit hierby aan. Wat verbied en beveel die sesde gebod?

	   Verbied:  ________________________________________________________________

	   Beveel:   _________________________________________________________________

	4. Liefde bly nie net by mooi woordjies nie! Jesus het hiervan vir ons die beste voorbeeld gestel. Hoe het Hy dit gedoen? (Nadat julle gedagtes gewissel het, kan julle Joh. 15:13 en Rom. 5:8 lees.)
	   ________________________________________________________________________

	5. Hoe behoort daardie liefde in ons lewe na vore te kom? (Vers 17.)
	   ________________________________________________________________________

Liefde is duur! Dit het vir Jesus die kruis beteken, en aan ons stel dit ook die ho eis van naasteliefde. (Klaar: 0h32)

OPDRAG 4.  'N GOEIE GEWETE (1 Joh. 3:18-24)
(15 minute)  Die prys vir liefdeloosheid is ontstellend hoog! Soos die moordenaar met sy lewe vir sy vergryp betaal, so moet ons ons geestelike en ewige lewe inboet as ons ons medemens haat.

	Lees nou eers 1 Joh. 3:18-24.

	1. Ons almal staan skuldig voor hierdie ho eis. Daarom kom Johannes nou met die evangelie. Wat beteken dit dat God "meer is as ons gewete"? (Vers 20.)
	   ________________________________________________________________________

	2. Wat is 'n "goeie gewete"?
	   ________________________________________________________________________

	3. Wat is die gevolge van so 'n goeie gewete op ons geestelike lewe? Probeer drie dinge noem.

	   Vers 21: _________________________________________________________________
	   Vers 22: __________________________________________________________________
	   Vers 24: __________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h47)

OPDRAG 5.  DIE EISE VAN CHRISTENSKAP (1 Joh. 3:23)
(3 minute)  Johannes vat self hierdie gedeelte saam deur in vers 23 net weer vir ons die twee vernaamste eise van Christenskap te onderstreep. Lees die vers en s wat dit is.
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h50)

OPDRAG 6.  TOEPASSING
(4 minute)  Hoe kan ons vandag se gedeelte hierdie week gaan uitlewe?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

OPDRAG 7.  ONS ANTWOORD
(6 minute)  Die Here het baie duidelik sy wil aan julle bekend gemaak. Besluit nou saam wat die beste praktiese manier is waarop julle Hom kan antwoord. Bid dan daaroor.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________ (Klaar: 1h00)

STUDIE 7
Ware en vals profete
1 Joh. 4:1-6

OPDRAG 1.  DEEL 3 VAN 1 JOHANNES
(4 minute)  Ons kom nou by die derde deel van Johannes se brief. In die eerste deel (tot by 2:17) het hy geskryf oor die wonderlike nuwe verhouding tussen God en sy kinders. Die tweede deel (2:18 - 3:24) het gehandel oor die dinge wat hierdie verhouding bedreig: die antichris, die wreld, die gees van Kain en die veroordeling van ons gewete.
	In die derde deel raak Johannes nog meer prakties. Hy behandel die maniere waarop hierdie nuwe verhouding konkreet gestalte kry in die geloof en die liefde.

Gee aan 'n paar groeplede kans om die Here se sen op hierdie byeenkoms te vra. (Klaar: 0h04)

OPDRAG 2.  VALS PROFETE (1 Joh. 4:1)
(13 minute)  Ons hoor deesdae baie stemme wat almal namens God wil praat. In hierdie gedeelte wil Johannes die gemeente waarsku teen mense wat voorgee dat hulle namens God praat, terwyl dit nie die geval is nie.

	Lees 1 Joh. 4:1 aan die groep voor en beantwoord daarna die vrae.

	1. Waarom sou iemand s dat hy die Gees van God het terwyl dit nie so is nie?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Waarom is dit so belangrik dat die gemeente tussen ware en vals profete moet kan onderskei?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Hoe kan ons hierdie onderskeidingsvermo vandag aankweek?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h17)

OPDRAG 3.  DIE WARE PROFEET (1 Joh. 4:2-3)
(16 minute)  Johannes verduidelik nou hoe ons die ware en vals profete van mekaar kan onderskei. 

	Vra iemand om 1 Joh. 4:2-3 voor te lees.

	1. Hoe weet ons watter gees in iemand werk? (Vers 2.)
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoekom is dit so belangrik dat ons bely dat Jesus werklik -
	   - die Christus is?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	   - mens geword het?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

3. Hierteenoor staan die "gees van die antichris" (vers 3). Hoe herken ons hom? (Vgl. 2:22.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h33)

OPDRAG 4.  WEES OORWINNAARS! (1 Joh. 4:4)
(10 minute)  Lees 1 Joh. 4:4 aan die groep voor.

	1. Hoekom kan Johannes s dat die gemeente aan God "behoort"?
	   ________________________________________________________________________

	2. Op grond waarvan kan hy s dat hulle "die vals profete klaar oorwin" het? (Vers 4.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Hoe kan ons ook oorwin?
	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________(Klaar: 0h43)

OPDRAG 5.  NOG EEN ONDERSKEID (1 Joh. 4:5-6)
(4 minute)  Johannes gee 'n verdere praktiese riglyn om die Gees van die waarheid en die gees van die dwaalleer te onderskei.

	Vra iemand om 1 Joh. 4:5-6 voor te lees.

	1. Na wie luister die wreld graag?
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoekom luister hulle nie graag na ons nie?
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h47)

OPDRAG 6.  TOEPASSING

(5 minute)  Ons leef in 'n wreld waar God nie eintlik meer ter sake is nie. Hoe wil die Here ons deur hierdie gedeelte daarvoor toerus?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h52)

OPDRAG 7.  AFSLUITING
(8 minute)  1. Gee aan elke groeplid kans om op grond van vandag se Skrifgedeelte vir sy eie lewe 'n voorneme en besluit te formuleer.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Sluit af met gebed en doen veral voorbidding vir die leraars van die kerk. 
	(Klaar: 1h00)

STUDIE 8
Liefde wat gesien word
1 Joh. 4:7-21

OPDRAG 1.  OPENING
(5 minute)  Ons het nou reeds gesien dat Johannes baie prakties is. Hy gee duidelike riglyne vir die gelowige se lewe. Hy s hoe ons dit kan regkry om soos Jesus te lewe.

Gee geleentheid vir gebed. Vra die Heilige Gees om nou weer die Woord vir julle oop te sluit sodat julle nog nader aan die ideaal kan kom. (Klaar: 0h05)

OPDRAG 2.  'N ANDER SOORT LIEFDE (1 Joh. 4:7-12)
(15 minute)  'n Mens kan 'n Christen uitken, want sy liefde verskil van di van iemand wat God nie ken nie. Dit kan ook nie anders nie, want die Christen se liefde het 'n ander bron: God self.

Laat iemand 1 Joh. 4:7-12 voorlees en soek daarna saam in die Skrifgedeelte die antwoord op die volgende vrae.

	1. Waarom is dit so belangrik dat ons moet liefh? (Vers 7-8.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoekom kan 'n mens nie vir God ken en steeds liefdeloos bly nie? (Vers 8.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Waarin sien ons God se liefde? (Vers 9.)
	   ________________________________________________________________________

	4. Hoe word dit vir ons moontlik om ons broers lief te h? (Vers 11, ook vers 19.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h20)

OPDRAG 3.  GOD IN ONS! (1 Joh. 4:13-16)
(15 minute)  Laat 'n groeplid 1 Joh. 4:13-16 voorlees.

	1. Watter wonderlike versekering gee Johannes aan di mense wat ander liefhet?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoe weet ons dat God in ons bly en ons in Hom?

	   Vers 13: _________________________________________________________________

	   Vers 14: _________________________________________________________________

	3. Hoe kan 'n mens seker wees dat hy in God bly? (Vers 16.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h35)

OPDRAG 4.  OM VOLMAAK LIEF TE H (1 Joh. 4:17-21)
(15 minute)  Laat een van die groeplede 1 Joh. 4:17-21 voorlees.

	1. Hoe lyk die Christen se lewe in hierdie wreld? (Vers 17.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Wat beteken dit in die praktyk?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Vers 19 praat van "volmaakte liefde". Hoe is dit vir ons moontlik?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

Om God lief te kan h, moet jy jou medegelowiges (broers) liefh. Wie nie sy eie huisgenote lief kan h nie, kan nie die onsigbare God liefh nie, om nie eers van hulle buite die broederkring te praat nie . . . (Klaar: 0h50)

OPDRAG 5.  TOEPASSING
(5 minute)  1. Wat, sou julle s, is die belangrikste saak waaroor dit in vandag se studie gegaan het?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoe kan ons dit hierdie week uitleef?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Gee aan 'n paar groeplede kans om te s wat hierdie studie vir hulle beteken het.
	(Klaar: 0h55)

OPDRAG 6.  S DANKIE
(5 minute)  Wissel eers gedagtes oor die sake waaroor julle op grond van hierdie studie wil bid. Gee dan kans vir gebed.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   _____________________________________________________________ (Klaar: 1h00)

STUDIE 9
Liefde en geloof
1 Joh. 5:1-13

OPDRAG 1.  BID OM DIE SEN
 (5 minute)  Gee geleentheid vir gebede. Vra dat die Here julle sal help om die boodskap van vandag se Skrifgedeelte reg te verstaan en doelgerig uit te lewe. Die boodskap van die Bybel is immers bedoel om gedoen te word. (Klaar: 0h05)

OPDRAG 2.  KIND VAN GOD (1 Joh. 5:1-3)
(12 minute)  Laat iemand 1 Joh. 5:1-3 voorlees.

	1. Vra 'n aantal groeplede om te s wat hulle in di verse die meeste getref het.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	In hierdie gedeelte word die kenmerke van die lewe van 'n kind van God gegee. S lyk die kind van God:
	* hy het God se ander kinders lief (vers 2)
	* hy maak erns met God se gebooie (vers 3)
	* hy lei 'n oorwinnende lewe (vers 5)

	2. Maar eerste van alles moet 'n mens miskien vra: hoe word 'n mens 'n kind van God? (Joh. 1:12.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Wat beteken dit as ons s "Jesus is die Christus"? (Vers 1.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	4. Watter vrugte moet die kind van God noodwendig dra? (Vers 1.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	5. Hoe weet ons of dit van ons waar is? (Vers 2-3.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h17)

OPDRAG 3.  MAKLIKE GEBOOIE! (1 Joh. 5:3-5)
(14 minute)  Dit klink vir ons asof Johannes so half maklik praat oor gebooie gehoorsaam. Dan, in vers 3, laat hy die bom bars: God se gebooie is nie moeilik om te hou nie. Het ons reg gehoor?

	Laat iemand 1 Joh. 5:3-5 hardop voorlees.

	1. Ondervind julle dit ook dat dit maklik is om die Here se gebooie te gehoorsaam?
	   ________________________________________________________________________

	2. Wanneer is die Here se gebooie maklik? (Vers 4.)
	   ________________________________________________________________________

	3. Hoe oorwin 'n mens die wreld? (Vers 5.) S ook wat dit beteken.
	   ________________________________________________________________________

	4. 'n Lewe van oorwinning l binne jou bereik! Die Here bedoel dit vir jou. Hoe maak 'n mens dit jou eie?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h31)

OPDRAG 4.  DRIE GETUIES! (1 Joh. 5:6-12)
(12 minute)  Die gedeelte van vers 6 af sluit by vers 5 aan en verduidelik vir ons die saak verder. Lees nou eers 1 Joh. 5:6-12.

	1. Hoe kom Jesus na ons toe? (Vers 6.) Wat beteken dit?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoekom is Jesus se dood en sy doop vir ons as gelowiges so belangrik?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Op grond waarvan kan ons hiervan seker wees?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

Benewens die Gees wat getuig, is daar ook twee getuies wat op aarde getuig. Johannes praat weer van bloed en water, maar hierdie keer verwys hy na die nagmaal en die doop. Deur die Gees is hulle getuies van Jesus se versoenende offer. Hy wat hierdie getuienis aanneem, s Johannes, het die lewe. (Klaar: 0h43)

OPDRAG 5.  WEES SEKER! (1 Joh. 5:13)
(5 minute)  In vers 13 gee Johannes die rede waarom hy hierdie brief geskrywe het. Laat iemand die vers lees.

	1. Hoekom het hy die brief geskryf?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Watter mense kan vandag nog di sekerheid h?
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________ (Klaar: 0h48)

OPDRAG 6.  TOEPASSING
(6 minute)  Gee kans vir 'n paar om te vertel hoe hulle seker geword het dat hulle die ewige lewe het.
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h54)

OPDRAG 7.  AFSLUITING
(6 minute)  Gee aan 'n paar groeplede kans om te vertel wat hierdie studie vir hulle persoonlik beteken het. Sluit daarna met gebede af.
	   ______________________________________________________________(Klaar: 1h00)

STUDIE 10
'n Paar laaste gedagtes
1 Joh. 5:14-21

OPDRAG 1.  VRA DAT DIE HERE JULLE LEI
(5 minute)  Ons kom nou by die laaste studie oor Johannes se brief. Dit was seker vir elke groeplid 'n verrykende ervaring om met die Bybel besig te wees en die wil van God beter te leer ken.

	Gee aan twee groeplede kans om in gebed voor te gaan en die lig en leiding van die Heilige Gees op die byeenkoms te vra. (Klaar: 0h05)

OPDRAG 2.  VRYMOEDIG VOOR GOD (1 Joh. 5:14-15)
(16 minute)  Johannes het die gedeelte wat ons verlede keer bestudeer het, afgesluit met die versekering dat ons as kinders van God kan s dat ons die lewe het. Nou gaan hy voort met die vrug van daardie sekerheid: vrymoedigheid.

	Vra iemand om 1 Joh. 5:14-15 aan die groep voor te lees.

	1. Wat beteken dit om vrymoedigheid voor God te h?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Hoe het ons hierdie vrymoedigheid gekry? (Vgl. Ef. 2:18.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	3. Watter rede gee vers 14 vir ons vrymoedigheid?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	4. Wanneer kan ons weet dat ons gebede verhoor word?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	5. Hoe vra 'n mens iets volgens God se wil?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	6. Wat is God se wil volgens Johannes? (Vgl. 1 Joh. 3:11; 4:11.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h21)

OPDRAG 3.  SONDE WAT TOT DIE DOOD LEI? (1 Joh. 5:16-17)
(7 minute)  Vra iemand om 1 Joh. 5:16-17 voor te lees.

	1. Johannes het hier veral een sonde in die oog wanneer hy praat van sonde wat tot die dood lei. As julle nou terugdink aan julle studie tot dusver: wat, sou julle reken, is di sonde? (Kyk bv. na 1 Joh. 3:14-15.)
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

	2. Johannes gee hier vir ons 'n praktiese voorbeeld van hoe 'n mens volgens God se wil kan bid. Watter voorbeeld is dit?
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________
	   ________________________________________________________________________

Johannes s hier twee belangrike dinge oor gebed. Hy s dat gebed nie roekeloos is nie. Die mense wat doelbewus die gemeente verbreek deur die kerk te verlaat, verlon Jesus en ontneem ons die vrymoedigheid om vir hulle te bid. Verder s Johannes ook dat gebed 'n kragtige uitwerking het: die Here gee groot plek aan sy kinders se gebede vir die verandering van sondaarharte.  Dit is 'n weg waarlangs God vir 'n sondaar nuwe lewe gee.  Wat 'n geweldige verantwoordelikheid om te bid! (Klaar: 0h28)

OPDRAG 4.  TEN SLOTTE (1 Joh. 5:18-20)
(15 minute)  Vra iemand om 1 Joh. 5:18-21 voor te lees.

Hier aan die einde van sy brief kom Johannes vir oulaas met goeie nuus. 'n Mens wil amper skrik en moedeloos raak as hy s: 'n kind van God sondig nie meer nie. Maar skep moed! Dit hang nie van 'n mens se eie krag af nie.

	1. Waarom sondig die kind van God nie?
	   ________________________________________________________________________

	2. In elkeen van verse 18-21 l een belangrike aspek van ons geloofsekerheid. Probeer dit in julle eie woorde s.

	   Vers 18: _________________________________________________________________

	   Vers 19: _________________________________________________________________

	   Vers 20: _________________________________________________________________

	3. In die laaste vers gee Johannes nog 'n opdrag. Wat, dink julle, s dit vir ons vandag?
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h43)

OPDRAG 5.  TOEPASSING
(7 minute)  Johannes het ons vandag geleer hoe om met sekerheid te bid. Waarvoor kan ons s hierdie week bid? (Laat elkeen een persoonlike saak noem.)
	   ________________________________________________________________________
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h50)
  
OPDRAG 6.  1 JOHANNES IN 'N NEUTEDOP
(5 minute) Gee aan die groeplede kans om te vertel wat die studie van 1 Johannes vir hulle beteken het.
	   ______________________________________________________________(Klaar: 0h55)

OPDRAG 7.  S DANKIE

(5 minute)  Gee geleentheid vir 'n paar dankgebede. (Klaar: 1h00)

Gaan kies nou julle volgende Bybelstudiegids by http://www.bmedia.co.za of vra 'n katalogus aan by Aretha@luxverbi-bm.co.za.

27